KNYSNA NUUS - Die jaarlikse interskole tussen Knysna Primêr en Jeffreysbaai Primêr het Saterdag 30 Mei in Knysna plaasgevind.
Met ideale weersomstandighede en honderde toeskouers langs die sportvelde, het 'n feestelike atmosfeer geheers.
Rugby- en netbalwedstryde was Saterdag die hoofattraksie nadat die tennis- en skaakafdelings reeds Vrydag afgehandel is.
Die dag het opnuut die belangrike rol beklemtoon wat sport speel om jongmense bymekaar te bring.
Knysna Primêr het sy waardering uitgespreek teenoor alle spelers, afrigters, beamptes, ouers en ondersteuners wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’