RUGBYNUUS - Vir die duisende Suid-Afrikaners wat bereid was om laat op 'n Sondagaand wakker te bly was alles die moeite werd.
Die Springbokke het die Franse Hane met een punt in hul eie agterplaas geklop Sondagaand, 15 Oktober.
Die eindtelling 29-28. Dit beteken die Franse se Wêreldbeker drome 2023 is verby en hulle sal maar oor vier jaar weer moet probeer.
Die Springbokke bly in Frankryk en speel volgende naweek in een van die halfeindrondes. Die ander spanne wat ook deurgedring het is Engeland, Argentinië en New Zealand (All Blacks).
Die Springbokke speel Saterdag 21 Oktober om 21:00 teen Engeland.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’