SUID-KAAP SPORTNUUS - Eden Jaggeweerskietvereniging skop die 2020-jaarprogram af met 'n kliniek spesifiek gerig op die ontwikkeling van dames en juniors in die Suid-Kaap-area.
Belangstellendes, wat natuurlik die manne insluit, word uitgenooi om aan te sluit op Saterdag 29 Februarie om 09:00 by die Wouter de Vos-skietbaan agter Kleinbrak. (Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging se fasiliteit).
Bring iets om te eet en drink saam en genoeg sonskerm. Skiet-entoesiaste bring hul eie jaggeweer en ongeveer 30 rondtes per persoon saam en word touwys gemaak deur die vereniging se nasionale en provinsiale skuts in die staan-, sit-, kniel- en lê-posisie wat tradisioneel voorkom by veldskietkompetisies.
Alle ruste en teikens sal voorsien word. Daar gaan ook op staalplate tot op 350m geskiet word. Persone wat belangstel kan verder met die vereniging se lede kontak maak: Junita van Zyl 082 575 9299, Ronel Marx 072 844 1088 of Chisto Delport 079 498 6227, en ook ons FB-blad dophou – #Edenjaggeweerskiet EHRSA
Kom maak van die geleentheid gebruik om meer van skiet se geheime wenke te kry en ook hoe om verder by hierdie skietsport betrokke te raak.
Deelnemers tydens vorige klinieke.
Vorige klinieke.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'