Update
PLETTENBERG BAAI SPORT NUUS - Jong Plettenbergbaai-hengelaar Christiaan Buchle het sy somerseisoen goed afgeskop toe hy bo-aan die O16-ranglys geëindig het na die eerste Eden Hengelassosiasie-kompetisie van die nuwe seisoen.
Die nuwe somerseisoen vir 2019 het op 'n hoë noot op Saterdag 28 September by Stoepsit in Boggomsbaai begin, vanaf 07:00 tot 15:00, te midde van baie gunstige hengeltoestande – veral vir Outeniqua Hengelklub van George wat uiteindelik die beste gevaar het.
Die grootste oneetbare vis, ingeweeg deur Ettién Burger van Outeniqua Hengelklub, was 'n skeurtandhaai van 105.27kg. Die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 3.57kg, is geland deur Jacques Snyman van Triton Klub in Mosselbaai.
Burger was as die top hengelaar van die dag bekroon met 126.04 punte en die top dame was Mariëtte Westraadt van Stilbaai Hengelklub met 5.23 punte. Met sy hamerkophaai van 10kg is Christiaan van Plett Hengelklub, met 11.56 punte, as top O16-hengelaar aangewys en die top O21 was Jonathan Wiehahn van Outeniqua met 67.76 punte.
Die top meester was Brett Wiehahn van Outeniqua met 42.25 punte en die groot meester was Hen-nie Klein van Atlantic met 6.62 punte.
Ettién Burger met n skeurtandhaai van 105.27kg.
Brett Wiehahn met n bulrogpylstert van 36.95kg.
Lees 'n vorige artikel hier: Eerste plek vir Plett-hengelaar
'Ons bring jou die nuutste Plettenberg Baai, Tuinroete nuus'