Sponsored Content
SKOLENUUS - Die Hoërskool Langenhoven se matriekklas van 2024 het uitstekend presteer. Baie geluk aan elkeen van die 97 leerders en hulle ouers.
'n Opsomming van die uitslae is as volg:
- 96 uit die 97 leerders het geslaag
- 18 A-gemiddeldes
- 29 B-gemiddeldes
- 24 C-gemiddeldes
- 170 A-simbole
- 171 B-simbole
- 153 C-simbole
- 96 uit 97 leerders kan verder gaan studeer
88 uit 96 slaag met Baccalaureus-graadstudies 73% van leerders het 'n gemiddeld bo 60%.
Die skool se toppresteerder was Inga Rall met 'n gemiddeld van 91,71% (7 vakonderskeidings). Ons is trots op haar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’