Die voorval het op Saterdag, 17 Oktober omstreeks middernag gebeur.
Mnr. Pretorius het hom na die televisiekamer gehaas en ‘n inbreker betrap wat reeds met die televisie in die hand gestaan het.
Die inbreker het uitgehardloop nadat mnr. Pretorius op hom geskreeu het, waarop mnr. Pretorius hom agterna gesit het.
Die booswig het die televisie buite neergesit, omgedraai en mnr. Pretorius dadelik met die vuis begin aanval.
Deur terug te slaan en te skop, het mnr. Pretorius homself verdedig.
Die inbreker het teruggesteier, ’n wapen uit sy sak gepluk en mnr. Pretorius daarmee aangeval.