NASIONALE NUUS - ‘n 43-jarige verdagte is op 25 Augustus deur die Valke, se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan vir die onwettige besit van perlemoen, aangekeer.
Die verdagte sluit by sy tien medebeskuldigdes aan wat reeds in Mei by Algoapark, Gqeberha, vir onwettige besit van perlemoen en visvang sonder ‘n permit, gearresteer is.
Volgens ao. Ndiphiwe Mhlakuvana, word daar beweer dat die verdagte van twee vorige tonele ontsnap het en op daardie stadium onbekend aan die polisie was. Die saak is na die Valke vir verdere ondersoek verwys.
Lees meer op susterspublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’