NASIONALE NUUS - ‘n Boer (41) van Aberdeen is Maandagaand 3 Julie op sy plaas deur ‘n span speurders van Graaff-Reinet vir sy beweerde betrokkenheid by verskeie ernstige strafsake soos mensehandel (vyf aanklagtes), verkragting (vyf aanklagtes) aanranding met die doel om ernstig te beseer, intimidasie en kinderarbeid, in hegtenis geneem.
Volgens wo. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het ‘n taakspan van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in Graaff Reinet, 'n deurbraak gemaak nadat hul uitgebreide ondersoekwerk 'n aantal sake van mensehandel en verkragting ontbloot het, wat spruit uit 'n saak van verkragting wat in Februarie 2023 geopen is.
Die ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van die man, wat verband hou met minstens vyf sake van mensehandel en verkragting tussen 2020 en 2023 in die Oos-Kaap en ander provinsies.
Lees meer op susterspublikasie, Graaff-Reinet Advertiser
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’