Madelein Mia Prinsloo is in haar nek en en op haar arms met ’n bottel gesteek deur ’n man wat haar wou beroof.
“Ons skryf eksamen so daar was geen bus nie, en ek het besluit om huistoe te loop. Ek was skaars in die tonnel toe ek sien daar is ’n man wat my agtervolg. Die man het nader geloop en met my begin gesels,” vertel Prinsloo.
“Hy het my gevra om saam met my te loop, maar toe sê ek vir hom my outjie wag vir my die anderkant van die tonnel.”