STILBAAI NUUS - Die pragtige nuwe skoolsaal by Melkhoutfontein Primêr staan toegesluit omdat die gebou nie oorhandig kan word aan die skool nie.
Die saal was 19 Januarie 2024 gereed om oorhandig te word, maar sedert November 2023 kon Eskom nog nie die krag opgradering doen nie.
Dit behels 'n kragkabel wat van die bopunt van 'n houtpaal tot by die onderpunt daarvan moet loop van een kragpunt na 'n volgende.
Intussen is die winter hier en nog steeds moet die kinders onder 'n afdak staan tydens saalperiodes.
Lees meer by suidkaapforum.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’