Gallery
TUINROETE NUUS - Die Eden-sportraad se jaarlikse Sporttoekenningsfunksie is om die draai en uit die talle Eden-sportlui wat die finale lys gehaal het, is daar 'n hele klompie verteenwoordigers vanuit die Tuinroete.
Die funksie, wat op 27 Julie op Oudtshoorn aangebied word, het van die beste nominasies gelok volgends die sportraad se woordvoerder Dave van der Walt. "Uit die meer as 190 nominasies oor die 32 kategorië het die beoordelingspaneel ‘n moeilike taak gehad om die finaliste aan te wys," het hy bygelas.
Sportlui vanuit die Tuinroete – meer spesifiek Knysna, Plettenbergbaai en Sedgefield – is onder meer Sophia Trollip, Aimee Canny, David Pfaff, Debra Hyde, Christopher Patton, en Gerhard Jooste.
Volgens Van der Walt speel die Oudtshoorn-munisipaliteit vanjaar gasheer vir dié spoggeleentheid, met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport as die ander vennoot wat die geleentheid moontlik maak.
Ashwin Willemse, oud-Springbok rugbyspeler en SuperSport kommentator, tree as gasspreker op.
Onder die eregaste is ook van die department se top amptenare, naamlik hoofdirekteur van sport Dr Lyndon Bouah en direkteure Paul Hendriks en ThaboTutu.
Ashwin Willemse, oud-Springbok rugbyspeler en SuperSport kommentator, tree as gasspreker op tydens die sporttoekenningsfunksie op 27 Julie. Foto's: Verskaf
‘n Eerste vir die spoggeleentheid is dat die verrigtinge direk uitgesaai gaan word deur EdenFM, die amptelike radiovennoot. "Meer as 200 000 luisteraars in die Eden-distrik gaan dus deel in die opwinding van die wenners," het Van der Walt gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'