Volgens die polisie is sy liggaam langs die voertuig aangetref en is hy op die toneel oorlede. Die ongeluk het omstreek 05:00 plaasgevind.
Carelse het in basketbal, tafeltennis en skaak uitgeblink op Hoërskool Outeniqua en sou Maandag as bestuurder by Old Mutual in Knysna, waar hy vir die afgelope drie jaar as 'n finansiële konsultant gewerk het, aangestel word.
Konstabel Chris Spies van die Knysna polisie het gesê, "Die motor, 'n Opel Astra, het glo teen 'n randsteen gebots en deur die padheining gery, waarna die motor gerol het. Allen-Wayne is uit die motor geslinger. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek."
Carelse se skoonma, Sally Muller het Dinsdag gesê sy dood is onverwags en dat sy 'n seun verloor het. Muller en haar dogter, Amber-Lee Carelse (24) sê hy was 'n liefdevolle, mense-mens. Hy het vir sy werk geleef en is onlangs as tweedebeste konsultant in die Suid-Kaap aangewys is. Hy was baie geheg aan sy vriende wat hom baie gaan mis.
Carelse laat sy ma Daphne en jonger broer, Ralton Geduld (21) en sy vrou, Amber-Lee en hul seun, Wayne-Lee (5) agter. Die begrafnis vind plaas op 7 Desember en begin om 13:00 aan huis in Mountview Singel, Lavalia en 14:00 by die VGK Rosemoor.

Allen-Wayne Carelse se motor het Sondag hier van die pad geloop en gerol. Carelse is uit die voertuig geslinger en het op die toneel gesterf.
'Ons bring jou die nuutste Knysna | Tuinroete nuus'