KNYSNA NEWS - 'n Gebaar wat groot waarde-ring by die inwoners van Vermont-tehuis vir bejaardes ontlok het, is die onlangse skenking en aankope van broodnodige voorraad en gereedskap om die sentrum op te knap.
Hierdie aankope volg op 'n finansiële inspuiting van R25 000 van Adcock Ingram in samewerking met Knysna Central Pharmacy, soos voorheen berig in Knysna-Plett Herald.
Die fondse is vir opknappingswerk, verf, eetgerei, gereedskap en ander noodsaaklike items aangewend, alles ten bate van die inwoners se gerief en die instandhouding van die fasiliteit.
Die bydrae maak deel uit van 'n gemeenskapsinisiatief om die lewensgehalte van die bejaardes te verbeter en om broodnodige middele vir die tehuis se daaglikse bedryf beskikbaar te stel.
Die idee vir die skenking het ontstaan by Lucas Hleza, apteker by Knysna Central Pharmacy. Saam met sy kollega, Kenray Barnard, het hy 'n lys van behoeftes opgestel waardeur die fondse doelmatig en tot voordeel van die inwoners van Vermont-tehuis aangewend kon word.
Hleza het namens Central Pharmacy en Adcock Ingram die sentrum bedank vir die geleentheid om van hulp te kon wees. "Ons is dankbaar vir die platform om ons gemeenskap te kan help en te verryk," het hy gesê.
Die drie Samaritane is, van links: Kenray Barnard (Central Pharmacy), Lucas Hleza (Central Pharmacy) en Jolene de Lange (Adcock Ingram).
Verskeie noodsaaklike items en gereedskap is aangeskaf met die fondse wat deur Adcock Ingram en Knysna Central Pharmacy geskenk is.
Lees vorige artikel:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’