SUID-KAAP NUUSFLITS - Minder as twee maande na Christo Vermaak, joernalis van die Oudtshoorn Courant op 27 Julie aangewys is as die Eden-sportraad se sportjoernalis van die jaar, is hy Saterdagaand, 16 Septemeber by die Century City-konferensiessaal, Kaapstad, aangewys as die Wes-Kaapse department sport en kultuur se sportjoernalis van die jaar.
Sportlui en joernaliste vanuit ses distrikte in die Wes-Kaap is genomineer as finaliste om met die gesogte toekennings weg te stap.
Die Suid-Afrikaanse-sportraad sal nou uit die wenners in 21 kategorieë waarin gekompeteer word, finaliste nooi om op Sondag 12 November aan die SA-toekennings deel te neem.
Lees 'n vorige artikel: Group Editors: Sportjoernalis van die jaar
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'