"By JD's Pub & Grub is jy tussen vriende en vreemdelinge wat jou bloot nog nie ken nie," sê Danie Botha die nuwe bestuurder. Hulle is geleë op die hoek van Unie- en Yorkstraat.
Botha was voorheen jare lank die bestuurder by Dent Doctor en het sy eie skopboksklub in die dorp gehad.
Botha sê by JD's kan kliënte 'n rustige lekker kuier te wagte wees met vriendelike diens van sy span, Deon Lubbe, Jahnn Botha en Johan Cronje, wat die dorstiges en honger kuierlustiges sal bedien.
En vir die wat bekommerd is oor die koue, JD's het 'n lekker kaggel om jou warm te hou teen die koue. Kliënte kan selfs vir hulle braaipakkies koop, verskaf deur JD's, om sommer daar en dan 'n vleisie op die kole te gooi.
JD's bied ook ligte maaltye en 'Pub lunches'. Hulle spyskaart word eersdaags uitgebrei en sal steaks en smullekker hamburgers insluit.
Sedert Botha drie maande gelede oorgeneem het, is verskeie verbeterings aan die kroeg aangebring waaronder vyf uitsuigwaaiers sodat rook nie die nie-rokers wat hier kuier, pla nie. Opwindende kompetisies met lekker pryse en lootjietrekkings waar deelnemers tot bo teen 'n lang paal in die middel van die vloer moet uitklim om hul prys te eis.
Dit verskaf groot pret, sê Botha. JD's beskik oor 'n ruim kroeg, 'n grootskerm-TV vir al die groot sportwedstryde, potspeltafels (pool) en veerpyltjieborde. Hulle gaan binnekort 'n potspelklub stig en kompetisies reël.
Hulle is sewe dae 'n week oop van 10:00 tot 02:00 op Vrydae en Saterdae en 11:00 tot laat die res van die week.
Oor veiligheid sê Botha het hulle CCTV-kameras laat installeer om kliënte se veiligheid te verseker.
So vir die van julle wat na 'n lang dag saam met vriende wil ontspan, kom kuier gerus by JD's. Almal welkom, geen onder 18's nie.
Sien gerus ook hul blad op Facebook, JD's Pub and Grub, om op hoogte te bly van alle promosies en kompetisies.

Die nuwe bestuurder van JD’s Pub & Grub, Danie Botha, sy seun Jahnn, Johan Cronje en Deon Lubbe. Foto’s: Lizette da Silva