Gallery
PLAASLIKE MOTORSPORT - Die Oudtshoorn-motorklub het Saterdag 23 Mei die vierde been van die SWD-ovaalbaankampioenskappe op die Arnold de Jager-ovaalbaan aangebied.
Altesaam 46 motors van die Oudtshoorn- en George-motorklubs het aan die May Madness at Red Rock Raceway-byeenkoms oor agt verskillende klasse deelgeneem. Sowat 500 toeskouers het die jaers aangemoedig.
Volgens Dirk van der Westhuizen, voorsitter van Oudtshoorn-motorsport, was die wedrenne van die begin af uiters opwindend, aangesien jaers waardevolle punte vir die gesogte SWD-kampioenskapstitel probeer insamel het.
Riaan Jacobs jaag in die American Saloons-klas by die RedRock Raceway. Foto's: Ian Erasmus
Die uitblinker van die dag was Hendricus Botha van Oudtshoorn-motorklub, wat met sy blitsvinnige Ford Fiesta as bestuurder van die byeenkoms aangewys is. Vian Verwey, ook van die Oudtshoorn-motorklub, het die trofee vir die bes voorbereide motor verower, terwyl Pieter la Grange van Wellington die slegte geluk-beker ontvang het nadat sy enjin in die eerste uitdun ingegee het.
Lees die uitslae in die week se Oudtshoorn Courant.
Sien meer van die fotograaf se werk by www.ianephotography.com of by @ianephotography .
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’