Altesaam 477 visse is gevang met 'n totale gewig van 4 380 kg.
Hiervan is 473 weer lewendig teruggesit om later gevang te word. Die top hengelaar van die dag was Ruan Lesch van die Outeniqua Hengelklub. Hy het ook die grootste oneetbare vis gevang wat 'n skeurtandhaai van 103 kg was.
Hans van der Sand, van die Weermagklub op Oudthoorn, het die grootste eetbare vis, 'n kabeljou van 12kg gevang.
Niekie Kleynhans, junior hengelaar van Stilbaai, het 'n baie mooi "Diamond Ray" van 55kg gevang.
Die punte op die dag is:
A-liga: Knysna 815.13; Silbaai 493.59; Outeniqua 474.67; Atlantic 454.66; Triton 322.08; Mosselbaai 310.21; George 297.82.
B-liga: Outeniqua 314.32; Knysna 278.61; George 193.48; Mosselbaai 135.71; Atlantic 94.60; Triton 46.92
C-liga: Knysna 73.57; Weermag 63.29; Atlantic 38.96; Outeniqua 16.48; George 2.00
Die volgende kompetisie vind in die Stilbaai area plaas op 18 Februarie.

Hans van der Sand van Oudthoorn met sy kabeljou van 12kg.