PLETTENBERG BAAI NUUS - Die sesde Eden-hengelassosiasie se somerliga het die afgelope naweek plaasgevind te Plettenbergbaai.
Die kompetisie het omstreeks 11:00 afgeskop op Saterdag 3 Februarie, en teen 19:00 was dit Stilbaai wat met die meerderheid van die louere weg sou stap.
Stilbaai het met hul oorwinning van 240.64 punte hul nommer een plek in die A-liga gevestig.
Die grootste eetbare vis is deur Floris Marais jnr (Stilbaai) gevang, en was 'n steenbras van 5.44kg.
Die swaarste oneetbare vis was 'n skeurtandhaai van 127.67kg wat deur Leon van Wyk (Stilbaai) ingeweeg is.
Altesaam het die 137 hengelaars wat deelgeneem het 'n totale massa van 1 078.81kg vis ingesleep.
Uit dié visse was 171 oneetbaar, en 29 eetbaar, waarvan almal weer lewendig teruggeplaas is om bewaring te bevorder.
A-liga: Stilbaai 624.20; Triton 406.86; Knysna 337.16; George 283.42; Outeniqua 265.96; Atlantic 251.56; Mosselbaai 93.47
B-liga: Triton 241.74; George 231.02; Atlantic 168.02; Stilbaai 147.88; Knysna 111.60; Outeniqua 97.39
C-liga: Stilbaai C 189.34; George A 171.83; Atlantic A 107.65; Outeniqua 34.40; Atlantic B 14.47; Triton 1.81; George B 1.12
AJ de Beer met haai: AJ de Beer het die tweede grootste vis vir die dag uitgetrek.
Top 3 hengelaars: AJ de Beer (Stilbaai) 202.37; Leon Van Wyk (Stilbaai) 132.19; Dirkie Saayman (Stilbaai)
Die volgende kompetisie vind op 10 Maart plaas.
'Ons bring jou die nuutste Plettenbergbaai, Tuinroete nuus'