KNYSNA NUUS - Op 22 tot 23 Junie 2018 het die eerste winterliga-kompetisie van die Eden-hengelassosiasie plaasgevind, vanaf Stilbaai tot Knysna.
Knysna-hengelklub het daarin gepoog om die beste te vaar op die betrokke dag met 87.72 punte.
Die top hengelaar van die dag was Wesley Rapson van Knysna-hengelklub met 37.54 punte. Die top junior van die dag was Xandre Coetzee (o16) van Stilbaai-hengelklub met 17.48 punte.
Top meester was Johan Van Rensburg van Mosselbaai-hengelklub met 24.36 punte. Die top dame was Marina Fuchs van Triton-hengelklub in Mosselbaai met 1.35 punte.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Johan van Rensburg van Mosselbaai-hengelklub, 'n steenbras van 12.18kg, en die swaarste oneetbare vis was n sloephaai van 18.63kg wat ingeweeg is deur Rapson van Knysna.
Die totale massa vis gevang was 313.59kg en daar het 73 hengelaars aan die liga deelgeneem. Daar is 69 oneetbare visse gevang en 41 eetbare vis. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Artikel: Eden-hengelassosiasie
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'