KNYSNA NUUS - Slaggate wat die paaie soos pokmerke bevlek, skoon water, die opgradering van Knysna se infrastruktuur en 'n daadwerklike poging om opvoeding en veral leesvaardigheid onder skoolleerders te verbeter.
Dis die versugtig van Knysna-inwoners en waarop hulle hul hoop vestig ná afloop van die plaaslike munisipale verkiesing.
Donovan Samuels sê groot veranderinge is nodig om Knysna weer in sy regmatige glorie te herstel. "Ons kort baie veranderinge om dit wat skeefgeloop het, reg te maak. "Ons infrastruktuur sal dringend opgegradeer moet word om dit vir toe-riste aantrekliker te maak om die dorp te besoek. En die townships se behoeftes moet aangespreek word."
Byron Klompas believes Knysna faces several challenges closer to home that will keep the newly elected councillors busy for some time. "The obvious problems include potholes, poor water quality and refuse removal, but more importantly, the Knysna Lagoon is facing enormous challenges. The pollution levels are frightening, and the situation calls for urgent intervention."
Estelle Kriger sê afgesien van ooglopende probleme soos slaggate, vullisverwydering en riool, is daar dringender sake soos Sassa-pensioene vir bejaardes wat maandeliks kopsere gee. "Dit moet nou uitgesorteer word. Wat opvoeding van die jeug betref, lê daar 'n opdraande stryd voor. Die leesvaardigheid van jong leerders is skokkend swak, om een aspek uit te lig."
Nuwe raad vergader Donderdag
Die eerste vergadering van die nuwe Knysna Munisipale Raad is vir Donderdag 19 November 2029 om 10:00 geskeduleer. ’n Seremoniële optog sal die amptelike vergadering voorafgaan en om 09:00 begin.
Volgens die munisipaliteit is die aantal beskikbare sitplekke weens brand- en veiligheidsregulasies beperk, en mag die lokaal se maksimum kapasiteit nie oorskry word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’