KNYSNA NUUS - Op 6 tot 7 Julie het die tweede winterliga kompetisie van die Eden-hengelassosiasie plaasgevind vanaf Stilbaai tot Knysna.
Triton-hengelklub van Mosselbaai het daarin geslaag om die beste te vaar op die betrokke dag met 76.88 punte. Die top hengelaar van die dag was David Swarts van Triton met 33.61 punte. Die top junior van die dag was Christiaan Buchle (o16) van Knysna-hengelklub met 12.82 punte. Top meester was Willie Vorster van Stilbaai-hengelklub met 24.22punte. Die top dame was Mariette Westraadt, ook van Stilbaai, met 18.63punte.
Die grootste eetbare vis is gevang deur Brian Fuchs van Triton, 'n swart mosselkraker van 6.7kg, en die swaarste oneetbare vis was n sloephaai van 24.64kg wat ingeweeg is deur Hendrico Lesch van Outeniqau-hengelklub.
Die totale massa vis gevang was 469.77kg tussen 73 hengelaars. Daar is 84 oneetbare en 53 eetbare visse gevang. Al die vis is lewendig teruggeplaas om bewaring te bevorder.
Die posisies van die eertse vyf spanne na afloop van die tweede kompetisie was as volg:
- Stilbaai-Stilmonsters 126.78;
- Triton-Bronze Whalers 114.57;
- Outeniqua Clutchcables 92.65;
- George-Bosvarke 91.35; en
- Knysna-Team Extreme 87.72 .
Die volgende kompetisie vind plaas op 21 Julie.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'