Altesaam 46 spanne van 12 provinsies het aan die weeklange toernooi deelgeneem. Die SWD 60+ A-Bekerspan van Ronnie van't Hof (kaptein), Neil Swart, Hennie van Rooyen, Hanlé Cronje, Maryna Olivier en Elmarie Lategan, asook die 70+ A-mansspan, Colin Halgryn (kaptein) en Trevor Till het die goue medaljes net-net misgeloop.
Vir Till was dit 'n besondere toernooi aangesien dit sy 20ste agtereenvolgede een was waaraan hy deelgeneem het. Hy het voorheen vir Grens gespeel voordat hy na die Suid-Kaap verhuis het.
Die 65+ A- Bekerspan van Tierie Pieterse (kaptein), Des Sampson, Anton le Roux, Christa Lategan, Dot Robberts en Cathy Gerber het in die 7de plek geëindig terwyl die 70+ B-mansspan, Hennie Malan (kaptein) en Garnett Wicomb, in die sesde posisie geëindig het na 'n oorwinning oor die Vrystaat en 'n naelskraapse nederlaag teen Kwazulu Natal op die laaste dag van die toernooi.
.jpg)
Die 60+ A Bekerspan met hul silwer medaljes is van links Neil Swart, Elmarie Lategan, Maryna Olivier, Hanlé Cronje, Ronnie van’t Hof (kaptein) en Hennie van Rooyen.