SUID-KAAP NUUS - Die SWD-vrouerugbyspan is gekroon as die kampioenspan in die B-liga nadat hulle die Goue Leeus in die eindstryd van 'n interprovinsiale toernooi in die BCM-stadion in Oos-Londen met 23-8 getroef het.
Faith Gosling en Nicolene Barends het vir die SWD drieë gedruk terwyl Mickayla Andrews met albei doelskoppe in die kol was.
Sy was ook suksesvol met drie strafskoppe vir 'n totaal van 13 punte.
Van links is Samuel Oktober (hoofafrigter), Danielle Jonas (kaptein), Bianca Figeland (onderkaptein) en Riaan Lamely (tegniese adviseur). Foto: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'