RUGBY NUUS - 'n Opwindende naweek wag op rugbygeesdriftiges van die Suidwestelike Distrikte (SWD) wanneer die vier topspanne kragte meet in die halfeindstryde van die onderskeie klubligas.
In Afdeling A is dit die verdedigende kampioen, Crusaders, wat teen hul eweknie van Groot-Brakrivier in Rosemoor kragte sal meet.
In die ander halfeindstryd van die premierliga op die "graveyard" in Pacaltsdorp is dit Evergreens, wat met verlede jaar se naaswenners, Heidelberg, sal moet armdruk in 'n poging om die eindstryd te haal.
In die B- en C-afdelings is dit Mosselbaai se Barbarians, wat ook teen Evergreens te staan kom vir 'n plek in die eindstryd terwyl Crusaders se B- en C-spanne teen onderskeidelik Progress en Blanco te staan sal kom om hulle plekke in die eindstryde te probeer verseker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’