Die span, wat Vrydagaand aangekondig is, sal in ses wedstryde teen hul eweknie van OP, Pumas, Griekwas, Boland, Griffons en die Valke meeding. Drie van die wedstryde word weg gespeel teen Pumas (Nelspruit), Boland (Wellington) en Griffons (Welkom).
Twee wedstryde is reeds geskeduleer om direk op SuperSport gebeeldsend te word terwyl daar onderhandel word om 'n derde wedstryd ook uit te saai.
Die eerste wedstryd, Vrydagaand om 17:00 teen OP, is een van dié wat gebeeldsend sal word. Op Vrydag 29 September kan die wedstryd teen die Valke ook op die kassie dopgehou word.
Die o.21's se program sien as volg daarna uit: 1.Vrydag 24 Augustus vs OP (George - Outeniquapark); 2.Saterdag 1 September vs Pumas (Nelspruit); 3.Vrydag 7 September vs Griekwas (George - Outeniquapark); 4.Saterdag 15 September vs Boland (Wellington); 5.Saterdag 22 September vs Griffons (Welkom); 6.Vrydag 29 September vs Valke (George - Outeniquapark).
Die span word deur Henrico Louw van ETA geborg en die hoofafrigter is die voormalige Springbok-stut, Ian Hattingh.

Die nuutverkose SWD o.21-rugbyspan.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS