TUINROETE RUGBYNUUS - Pro Stars van George het Titans van Mosselbaai die afgelope naweek in die A-afdeling van die SWD streekliga-finaal met die kous oor die kop huis toe gestuur.
Pro Star wen die stryd met 21 - 11.
Titans het talle geleenthede gehad om punte aan te teken maar het dit verbrou deur hul oorywerigheid en oorgretigheid. Afronding was ook een van hul doodsteke.
Tot tien minute voor die einde was die wedstryd nog in die weegskaal maar daarna het die damwal gebreek met 'n strafskop en 'n vinnige drie en oorskop vir Pro Stars.
In die B-afdeling het Mosselbaai Titans koning gekraai deur United Stars met 8 - 7 te klop. Mosselbaai Titans B-span is dus die nuwe streekliga-kampioene in hul afdeling.
Mosselbaai Titans se A-span is die naaswenners in SWD se streekliga.
Rudolf Saayman, kaptein van Titans se B-span, spog hier met die Niklaas Booisen kampioentrofee as wenners van die B-liga.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'