RUGBYNUUS - Manie Libbok het die jawoord gekry om Sondagaand in die kwarteindstryd van vanjaar se Wêreldbeker-toernooi as losskakel teen Frankryk uit te draf.
Daar was ernstig bespiegel of die Bok-bestuur eerder met Handré Pollard vir die belangrike wedstryd sou gaan, maar gelukkig het die keuse op die 27-jarige oud-leerder van die Hoërskool Outeniqua geval.
Die span teen die Hane is:
- Steven Kitshoff
- Bongi Mbonambi
- Frans Malherbe
- Eben Etzebeth
- Franco Mostert
- Siya Kolisi (k)
- Pieter-Steph du Toit
- Duane Vermeulen
- Cobus Reinach
- Manie Libbok
- Cheslin Kolbe
- Damian de Allende
- Jesse Kriel
- Kurt-Lee Arendse
- Damian Willemse
Plaasvervangers:
- Deon Fourie
- Ox Nche
- Vincent Koch
- R.G. Snyman
- Kwagga Smith
- Faf de Klerk
- Handré Pollard
- Willie le Roux
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’