KNYSNA NUUS - Knysna United-rugbyklub het die afgelope naweek vasgeval in ’n moeilike wegwedstryd teen Albertinia Rangers.
United se B-span het in hul wedstryd sterk teenstand gebied, maar moes uiteindelik met 24 - 31 die knie buig. Vir United het Manfred Soldaat en Cleyton Lucas (strafdrie) agter die pale gaan kuier.
Mark Grootboom het een doelskop oorgeklits, terwyl Matthew Blaauw ’n strafskop bygevoeg het.
United se A-span is in hul wedstryd met 38 - 13 deur Albertinia Rangers oorrompel. Knysna se punte is aangeteken deur Gaylon Williams (’n drie), en Noureddine Filander (doelskop en twee strafskoppe).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’