KNYSNA NUUS - "Ek is trots op ons o. 13A-rugbyspan wat teen 'n veel sterker teenstander nooit tou opgegooi het nie en enduit met groot veggees meegeding het."
Só gesels Juandré Digue, afrigter van Knysna Primêr se eerstes, oor dié kragmeting.
Brackenfell het die wedstryd met 21 - 10 gewen nadat die telling vir lank op 14 - 10 vasgehaak het.
Digue sê die lang onderbreking tydens die skoolvakansie het sy tol geëis en dit het gelyk of die tuisspan effe verroes voorgekom het.
"Dit wou voorkom of ons aan die slaap gevang is, maar dis nie 'n skande om teen 'n baie groter skool te verloor nie. Die belangrikste is dat die seuns die spel geniet het en dis tog waaroor dit gaan."
Vir Knysna het Jordan van Rooyen, Bismarck du Plessis en Dane Huisamen uitgeblink. Jordan was suksesvol met 'n strafskop en 'n doelskop terwyl Bismarck Knysna se enigste drie gedruk het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’