KNYSNA NEWS - Knysna United se A-span het verlede Vrydag vir Collegians in Oudtshoorn by die Bridgton-sportterrein met 40 - 37 geklop. Die rustydtelling was 27 - 12 in die tuisspan se guns.
Soos die telling aandui, het Collegians met die afskop gewys dat hulle nie sommer net na willekeur gaan omrol nie en moes Knysna se afrigter tydens rustyd hard met sy spelers praat om hulle weer gefokus te kry.
Afrigter Desmond van Rooyen se woorde het geblyk om die gewenste uitwerking te hê met Knysna wat skielik 'n perd van 'n ander kleur was; propvol woema wat die een drie na die nader ingeryg het.
Met slegs 'n minuut se speel-ztyd oor, het Knysna met 33 - 37 agter geloop. Met sekondes oor, het Herschell Manuel die bal op die halflyn opgeraap en sy direkte vleuel geklop om 'n drie onder die pale te gaan druk ten aanskoue van Collegians se verslae ondersteuners.
Vir Knysna het Bradley Saptoe, Herschell Manuel, Gift Ngxwashula, Kirsten Ruiters, Jade Taute en Dehan Maritz agter die pale gaan kuier. Die speler van die wedstryd was Kirsten Ruiters.
Knysna se B-span klop Collegians met 8 - 7.
Knysna se volgende wedstryd is Saterdag 24 Augustus teen Sedgefield Eagle Stars op Loeriepark Knysna.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’