SUID-KAAP RUGBYNUUS - Progress se oorwinning met een enkele punt oor George het die tonge behoorlik laat klap. Progress het in die doodsnikke gaan druk om George met 40-39 te klop nadat George vir lank met 39-35 voorgeloop het.
Selfs Progress-ondersteuners het van hulle laat hoor en sal erken die besluit van die skeidsregter om sy besluit op die nippertjie te verander, het die wedstryd op sy kop gekeer.
Heidelberg en Groot-Brak was in 'n titaniese stryd betrokke met Heidelberg wat uiteindelik met 12-9 gewen het.
Bridgton en Barbarians het mekaar goed gas gegee en die Oudtshoorn-vyftiental kon aan die einde die knoop met 40-34 deurhak.
Die volledige uitslae is:
- Progress 40-39 George
- Crusaders 38-12 Maori's
- Heidelberg 12-9 Groot-Brak
- Bridgton 40-34 Barbarians
- Evergreens 43-10 Blanco
- Jaguars 47-17 Silver Stars.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'