Talle betroubare bronne het Dinsdag gesê sy kontrak met Saru is reeds verleng.
Die plan is glo dat hy die Bokke tot 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan afrig.
’n Saru-woordvoerder het by navraag gesê Jurie Roux, uitvoerende hoof, lewer nie kommentaar voordat ’n kontrak gesluit is nie.