TUINROETE NUUS - Tot verdere kennisgewing sal geen klubrugby in die SWD plaasvind nie. Dit is kort gelede deur Hennie Baartman, president van die SWD-rugbyunie, aan George Herald bevestig.
Die besluit is Donderdagaand, 8 April, tydens 'n vergadering van die voorsittersforum van die unie geneem.
Dit kom teen die agtergrond dat amateurrugbyspanne in Suid-Afrika met kontakoefening kan begin. Die Suid-Afrikaanse rugbyunie het reeds aan klubspanne op o.19-vlak en op, toestemming gegee om met kontakoefening te begin.
Baartman het Vrydag gesê alle klubrugby vir die 2021-seisoen is voorlopig opgeskort. Volgens hom was dit uit en uit ‘n besluit wat deur die klubs geneem is.
Daar is verskeie redes vir die besluit, een daarvan is omdat toeskouers nie by wedstryde toegelaat word nie en hekinkomste is hul vernaamste bron van inkomste.
Voorts omdat die klubs nie voldoende fondse het om al die Covid-19-regulasies uit te voer nie en ook die gesondheidsrisiko’s wat gepaard gaan met Covid-19.
Daar is ook die moontlikheid van ‘n derde vlaag van Covid-19.
Henni Baartman
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'