TUINROETE NUUS - 'n Groot eer het onlangs die Oudtshoorniet en oud-Môrester-leerder, Lucas Floors, oftewel 'Kabamba' soos hy geliefd bekend staan, te beurt geval toe hy as WP-rugbyunie se nuwe assistentafrigter aangewys is.
Voor Floors se aanstelling het hy ook welslae by die Maties se Young Guns-rugbyspan behaal.
In sy fleur was Floors 'n kranige losvoorspeler wat vir die SWD Arende, Cheetahs, Stormers, Springbokke en Springbok-sewespan uitgedraf het. Hy was ook kaptein van beide die Springbok-sewesspan en SWD Arende.
Na sy aftrede in 2014 spog Floors met 'n allemintige 207 eersterangse wedstryde wat hy in sy loopbaan gespeel het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'