TUINROETE | KAROO NUUS - Daar heers 'n karnavalatmosfeer by Outeniquapark waar die SWD se klub finaal kompetisie plaasvind.
Groot afwagting heers veral vir die hoofwedstryd wat om 16:15 plaasvind.
FOTOGALERY: SWD se klub finale kompetisie
Crusaders en Heidelberg gaan dit uitspook om te bepaal wie is die kampioenspan in die Super A liga. Teen kort gelede was daar reeds sowat 5000 mense by die stadion.
Talle mense het nog buite die stadion tougestaan om kaartjies te koop.
Heidelberg is reg vir die groot stryd. Heidelberg se span wat in die Super Liga A finaal om 16:15 speel, is by Outeniquapark.
Fernell Pretorius, kaptein van Heidelberg,het sy indrukke kort gelede met Group Editors gedeel.
Lees meer in susterspublikasie, George Herald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'