TUINROETE SPORT NUUS - Die Riversdal Tafeltennisklub Open is Saterdag 26 Oktober in die Thusongsentrum op die dorp aangebied.
Spanne van Riversdal, George, Knysna en Mosselbaai het deelgeneem en vir puik spel gesorg.
Rdl. Margaret Jakobs het die amptelike opening waargeneem en ouers bedank wat soveel moeite doen om hul kinders in die sport te ondersteun.
Die toernooi is deur die Hessequa-munisipaliteit se toerisme- en maatskaplike ontwikkeling geborg. Gerrit du Plessis Senior Sekondere skool het hul uitstekende borde tot die klub se beskikking gestel.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'