Gallery Video
SPORT NUUS EN VIDEO'S - Die belangrike rol wat bejaardes nog in gemeenskapslewe speel was verlede Woensdag, 12 Julie, op Outeniquapark, sigbaar toe die Garden Route Local Golden Games, in George plaasgevind het.
Sowat 270 bejaardes het opgedaag waarvan 167 aan verskeie sportsoorte soos hardloop, velditems, rugbybal gooi en jukskei deelgeneem het.
Deelnemers moet 60 jaar en ouer wees. Behalwe die bejaardes van George, was daar ook deelnemers van Uniondale, Haarlem en Herold.
Daar was ook belanghebbendes soos verteenwoordigers van die George-munisipaliteit, die polisie en Avbob van die borge se kant.
Uit die deelnemers word nou 'n span gekies wat op 24 Augustus in Riversdal op distriksvlak gaan deelneem. Daar sal weer 'n span gekies word wat op provinsiale vlak gaan deelneem en later vind die nasionale kampioenskappe plaas.
Te oordeel aan die glimlagte op die deelnemers se gesigte was dit 'n reusesukses. Daar was vanjaar meer deelnemers as in die verlede.
Van die deelnemers tydens 'n stapitem.
George-onderburgemeester, Raybin Figland, het in 'n toespraak gewys op die belangrike rol van bejaardes.
Volgens hom het bejaardes nog 'n plek in die gemeenskap. "Hulle het reeds 'n bydrae gelewer. Dis tyd dat hulle hul plek volstaan. Hul bydrae is van onskatbare waarde. Dit kan nie met geld vergelyk word nie."
VIDEO - Raybin Figland, George se onder-burgemeester, tydens die geleentheid. Video - Eugene Gunning:
Johannah Joshua, een van die organi-seerders, het gesê bejaardes is opgewonde om deel te wees van die geleentheid. "Die organiseerders is dankbaar vir elke bejaarde wat betrokke is. Van die bejaardes wat opgedaag het, het gelyk of hulle in hul 50's is. Daar was by die geleentheid bejaardes wat in hul 70' en 80's was."
Gert Niehaus van Avbob het gesê hy salueer alle senior burgers. Hy het benadruk dat bejaardes kosbaar is. "Julle is ons rolmodelle. Julle verdien om op die hande gedra te word."
Blanche Benjamin, een van die organi-seerders, het Maandag gesê die plan is om dit weer aanstaande jaar te hou.
"Die geleentheid het gewys dat bejaardes nog mededingend kan deelneem en hul sport kan uitleef al is hulle ouer as 60 jaar. Ek was beïndruk met die gehalte van sportmangees."
FOTOGALERY: Garden Route Local Golden Games
VERSKAFDE VIDEO - Só hardloop mens aflos:
Van die deelnemers het aanwesiges vermaak met danspassies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’