TUINROETE NUUS - Die Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms, aangebied op Saterdag 2 Februarie in samewerking met Highgate volstruisplaas, Groter Oudtshoorn Munisipaliteit en die departement kultuursake en sport, was die grootste nog ooit, volgens organiseerders.
Meer as 600 atlete en 'n totaal van sewe provinsiale spanne het, onverwagte donderstorms desnieteenstaande, die gees hoog laat loop en is daar drie SA, nege byeenkoms- en vier provinsiale rekords verbeter.
Eden Tweekamp het ook agt medaljes verower waaronder twee goud, vyf silwer en een brons.
Eden se medaljewenners was Hannah de Necker (brons), Andre Kleynhans (silwer – verbeter SA, ope en provinsiale rekords), Anlize Vermeulen (silwer), JV Pieter van der Mescht (goud – verbeter ope en provinsiale rekords), Walter Lutsch (silwer), Denise de Jongh (silwer), Cliff Wallace (silwer), en Johan Windt (goud – verbeter SA, ope en provinsiale rekords).
Benewens Windt se nuwe SA-rekord wat hy gestel het vir meesters mans, maar is ook aangewys as die senior victor ludorum van die byeenkoms.
WP het weereens die spankompetisie gewen met Boland tweede, en Eden derde. Hoërskool Stellenberg (WP) en Laerskool Durbanville het geseëvier in die skolekompetisie.
Die spanne tree aan vir die opening.
Van links: Junior victor ludorum Francois Malherbe, senior victrix Liezel Wessels, junior victrix Tatiana Thomatos, senior victor Johan Windt, en Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport Anroux Marais. Foto's: Verskaf
Onder-burgermeester van Groter Oudtshoorn, Noluthando Mwati verwelkom almal in Oudtshoorn.
Wes-Kaap minister van kultuursake en sport Anroux Marais.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'