SPORT NUUS - Wyle Herman Harold Fortuin, SWD-rugbylegende is onder die talle mense van die Tuinroete-streek wat vereer is vir hul bydraes oor baie jare in sportkringe.
Altesaam 31 Wes-Kapenaars is verlede week as sportlegendes vereer. Die geleentheid is tydens 'n seremonie naby die Paarl gehou.
Onder die van die Tuinroete wat vereer is, was Abraham Jansen (krieket), Basil Deal (krieket/rugby), Hilton Abrahams (krieket/rugby/lewensredding/vlugbal), Corné Bence (fietsry), Frederick Amsterdam (rugby) en John Jansen (rugby).
Die toekenning is postuum aan Fortuin gemaak. Hy is op Dinsdag 29 November oorlede. Die 82-jarige Fortuin het kanker gehad en het diep spore in die rugbywêreld getrap. In 'n stadium is selfs na hom as Mnr. Rugby SWD verwys.
Sy oudste seun, Lionel Fortuin, het Dinsdag 13 Desember gesê die familie is verheug oor die toekenning. Die toekenning is reeds aan die familie besorg. "Ons is bly dat hy erkenning ontvang het vir sy bydrae tot sport oor baie jare."
Corné Bence
Wyle Herman Fortuin
Basil Deal
Johann Strauss
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'