SPORT NUUS - Die 560 kg-toutrekspan van die Hoër Landbouskool Oakdale, wat as die Proteaspan aangewys is om Suid-Afrika by die Wêreldtoutrekkampioenskap in Holten, Nederland te verteenwoordig, is pas as wêreldkampioen gekroon.
Die groep wat uit 12 lede bestaan het, het onder die afrigtingsoog van mnr. Piet Lourens al sewe uitdunwedstryde (trekke) gewen.
Die span het in hul uitdunne o.a teen Engeland, Thailand, Switzerland, Duitsland en Frankryk meegeding.
Die span klop vir Nederland in die halfeindstryd met 2 - 0 ten einde deur te dring na die eindronde.
'n Naelbyt trek teen Chinese Taipei bied 'n oorwinning van 2 - 0 aan Oakdale en hulle verwerf die titel van wêreldkampioen in die 560 kg-kategorie vir junior mans.
Lees meer op susterskoerant, Suid-Kaap Forum
Voor links is Wesley Barkhuizen (George) en regs Gideon Pretorius (Danabaai). Agter: Willem du Buisson (skoolhoof), NJ Tesner (Swellendam), Roedolf Robertson (Sedgefield), Janco Olivier (Swellendam), Zack Kroukamp (Heidelberg), Thys Lourens (Riversdal), Piet Lourens (afrigter) en Tiaan Kok (Swellendam).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'