Die verrigtinge is deur ds. Floors Meyer geopen met ‘n boodskap oor die vyf groot uitwissings wat in die geskiedenis gebeur het en waar ons vandag staan ten opsigte van die volhoubare benutting van die natuur.
SJB se president, Petru Terblanche het in sy openingsrede ook verwys na die beeld van die jagter en die groot rol wat jagters speel in natuurbewaring. Hy het lede versoek om streng volgens SJB se gedragskode op te tree en etiese jagpraktyke toe te pas om sodoende die beeld van die jagter hoog te hou.
Prof. Pieter van Niekerk, voorsitter van CHASA (Confederation of Hunting Associations of South Africa) het as gasspre-ker opgetree met ‘n boodskap oor die jagter se bydrae tot gesonde wildsbestuur, die toename in wildgetalle, die finansies betrokke en die gepaardgaande ekonomiese groei en werkskepping asook die ontwikkeling van die individu. Hierdie aspekte is met insiggewende syfers en feite ondersteun.
Die nuut gestigde CERE Foundation se doelwitte is deur Ludolph Swanevelder aan die lede uitgestip om hulle op hoogte te hou met hierdie nuwe hoëvlak-ontwikkeling vir natuurbewaring.
Die bestuurskomitee vir 2011 is ook gekies en bestaan uit die volgende lede: president Petru Terblanche, voorsitter Neels Meyer, sekretaris Mike Huber, opleiding - Wynand Fourie, administratiewe bestuurder Wouter de Vos, rekreasie Louis Welman, Kus-wes Wilhelm Zietsman, Kus-oos en Sentraal Arthur Lilford, Karoo-wes Gert Lerm, Karoo-oos Joe Verwey, en tesourier Elina de Vos.
Presidentstoekennings vir besondere diens-te aan SJB gelewer is aan die volgende persone oorhandig: Naudé Viljoen, Roelie Prinsloo en Amanda Coetzee van die Kwanongaba-polisiestasie. Erelidmaat-skap is aan Jannie Hough toegeken vir sy 11 jaar diens as beskermheer van SJB.
Na die trofee- en sertifikaat-uitdeling is die verrigtinge afgesluit met ligte verver-sings en baie stories van verlede seisoen se jagtogte.
.jpg)
Die pas verkose SJB-bestuurslede is van links (agter) Gert Lerm, Arthur Lilford, Wilhelm Zietsman. Voor: Louis Welman, Wynand Fourie, Petru Terblanche, Neels Meyer, Mike Huber en Wouter de Vos. Afwesig: Joe Verwey en Elina de Vos.