KNYSNA SPORT-NUUS - Die afgelope paar weke was 'n besige tyd vir Knysna Laerskool se leerders in hulle verskeie sportsoorte, en het hulle almal hul uitstekend van hul take gekwyt.
Atletiek: Monique Julyan (gewigstoot), Storm van Zyl (gewigstoot), Luchen Booysen (hekkies) en Gino Fredericks (spiesgooi en hekkies) het 2 Maart aan die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Al die deelnemers het baie goed gevaar en goeie ondervinding opgedoen. Gino Fredericks is as die provinsie se kampioen aangwys vir O13 seuns spiesgooi. Hy sal aan die SA-kampioenskappe deelneem in Germiston, Johannesburg op 15 en 16 Maart. Baie geluk aan almal van julle, hou so aan!
Krieket: Op 25 Februarie het die skool se krieketseuns in die ouderdomsgroepe O8, O9, O11 en O13 teen Plettenbergbaai kragte gemeet, en het al vier hierdie spanne gewen. En op 2 Maart het die O13-seuns ook teen Glenwood House gaan krieket speel en goeie resultate opgelewer. Wel gedaan, manne!
Tennis: Op 28 Februarie het die skool se kranige tennisspelers teen Plett kragte gemeet, toe ons seuns ver gewen en die meiseis net-net verloor het.
Swem: Op 1 Maart het die swemmers aan 'n "relay gala" gaan deelneem by Glenwood House, en alhoewel baie leerders dit nie kon bywoon nie, het KPS steeds goed gedoen.
Karate: Op 2 Maart het die dogters Lua Alves, Tiffany van Rooyen en Jordyn Orpen in Kaapstad deelgeneem aan die SA JKA Wes-Kaapse kampioenskappe en gekwalifiseer vir die nasionale toernooi in Johannesburg later vanjaar. Veel geluk, julle!
Storm van Zyl, Monique Julyan, Gino Fredericks en Luchen Booysen het op 2 Maart 'n provinsiale atletiekbyeenkoms in die Paarl bygewoon waar hulle uitstekend gevaar het. Gino is as die O13 spiesgooikampioen aangewys en sal op 15 en 16 Maart in Johannesburg aan die SA-kampioenskappe deelneem. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'