Gallery
KNYSNA NUUS - Tydens die interskole-dorpsbyeenkoms op 25 Januarie het Laerskool Knysna op die atletiekveld omtrent gewys waarvan hulle aanmekaar gesit is.
Die ander primêre skole wat deelgeneem het was Hornlee, Fraaisig, Rheenendal, Tembelitsha, Chris Nissen, Knysna Christian School en Sunridge.
Ons leerders het 41 eersteplekke behaal, 37 tweedeplekke en 21 derdeplekke. Gino Fredericks het 'n nuwe rekord opgestel in spiesgooi en Monique Julyan in gewigstoot. Morgan Jones het die 1 200m-rekord met 'n fraksie van 'n sekonde gemis.
Baie geluk aan al die leerders wat deel geneem het en dat julle Laerskool Knysna breëbors laat. Die gekwalifiseerde kinders neem deel aan die streeksbyeenkoms op 9 Februarie by Hoërskool Knysna se veld.
'Ons bring jou die nuutste Knysna, Tuinroete nuus'