TUINROETE NUUS - Eden-rolbal word vroeg in die nuwe jaar op 'n hoogtepunt afgeskop wanneer die meeste van die top rolbalspelers in die streek die rolbalkrag van die Oostelike Provinsie op Knysna gaan pak.
Die toernooi word op Sondag 21 Januarie met die Knysna-rolbalklub as gasheer gespeel.
Tydens die toernooi sal die keurders van beide provinsies 'n gulde geleentheid kry om veral die opkomende spelers vroeg in die nuwe jaar in aksie te sien.
Die spanne wat saamgestel is, is net vir die toernooi gekies en nie die finale Eden-spanne nie.
In al die afdelings is twee spanne gekies:
Mans ope:
1) B Radloff (George), M Delport (Knysna), J Fernhout (Oudtshoorn), M Geldenhuys (Oudtshoorn).
2) P Stadler (George), H Barnard (George), R Venter (Oudtshoorn), P Vitali (Knysna).
Mans senior:
1) P Robbertse (Stilbaai), J Combrink (George), H Bruwer (Grootbrak), D Breedt (George).
2) A Nortje (Outeniqua), V Basson (George), D Spence-Ross (Plettenbergbaai), J Taljaard (Beaufort-Wes).
Mans B-spanne:
1) J Roestorff (Stilbaai), T Wilson (Outeniqua), T Tredoux (Outeniqua), M Pienaar (George).
2) M McCarthy (George), F Steyn (Knysna), Z Salemane (Mosselbaai), H van Greunen (Oudtshoorn).
Dames ope:
1) E Davis (George), J Meyer (Mosselbaai), J Bronkhorst (George), T van Niekerk (George).
2) M Nortje (Outeniqua), S Meyer (Outeniqua), P Barnard (Outeniqua), P Breedt (George).
Dames senior:
1) J Sinclair (George), T Hockney (Mosselbaai), H Wagener (Oudtshoorn), J Swart (Outeniqua).
2) A Bosse (Knysna), M van der Walt (Stilbaai), M Robbertse (Stilbaai), J Raymond (Stilbaai).
Dames B-spanne:
1) E de Wet (Mosselbaai), D Fick (Outeniqua), A Fick (Outeniqua), G Young (Outeniqua).
2) J Botha (Knysna), D O'Connell (Knysna), M Rabie (Outeniqua), S Calvery (Mosselbaai).
ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'