ROLBAL NUUS - Eden se Nomads-rolbalspan het onlangs in die nasionale toernooi in Bellville deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt.
Jan Pretorius het die beste gevaar onder die Eden-spelers met Johan van Aswegen wat die naasbeste gevaar het.
Die spanne het agt wedstryde binne vyf dae gespeel en teen kwaai kompetisie te staan gekom.
Die spanlede van die Eden-span was Sampie Bezuidenhout, Johan van Aswegen (beide Outeniqua), Jan Pretorius, Gerrie van Rensburg, Tienie van der Merwe (almal George), en Pieter Ekkard (Hartenbos).
Lede van die Eden Nomads, wat in Bellville aan die nasionale rolbaltoernooi deelgeneem het, is van links: Sampie Bezuidenhout, Jan Pretorius, Pieter Ekkard, Johan van Aswegen, Gerrie van Rensburg en Tienie van der Merwe.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'