TUINROETE NUUS - In 1998 het Outeniekwa Sages te groot geraak (afstandsgewys) en het ringkoppe daardie tyd besluit die westelike deel moet afstig en Suid-Kaap Sages vorm.
Sedertdien vind daar elke jaar 'n kompetisie tussen die twee streke plaas en word die trofee ter sprake die Stigtersbeker genoem.
In die Suid-Kaap is daar groot entoesiasme vir die toernooi, soos die groot getal spelers op Maandag, 14 Februarie, dan ook weerspieël. 'n Totaal van 70 Suid-Kaapspelers het op Mosselbaai kom meeding teenoor die 34 van Outeniekwa.
Die Suid-Kaap Sages het ook vyf nuwe spelers in sy geledere verwelkom. Ons hoop dat Wessel Oosthuizen, Johan Leonard, Mickey Smith en Jeanette Botha van Albertinia, asook Mart Cronjè van Stilbaai 'n lang en gelukkige verbintenis met Sages sal hê.
Uitslae
In die parekompetisie het die volgende spelers die beste gevaar:
- 1. André Bezuidenhout en Dirk Bosman (SK) 47;
- 2. Leon Neveling en Bennie Geldenhuys (SK) 47;
- 3. Barry Simms en Johan Blom (O) 44;
- 4. Willem Alberts en Johan Jonker (O) 44;
- 5. Martin te Groen en Piet Wannenburg (O) 43;
- 6. Bruce Waldek en Rodney Page (SK) 42;
- 7. Dave Gravett en Branco Celica (SK) 42;
- 8. Tony Muller en Chris van den Berg (SK) 42;
- 9. Kwartus Sieberhagen en Eugene du Plessis (SK) 42;
- 10. Vince Bruwer en Anthony Slater (SK) 42.
Naaste aan die penne is gewen deur Tony Muller (SK) op 4, 12 en 15, Piet Wannenburg (O) op 8 en Bennie Pieterse (SK) het die naaste aan die pen gekom vir twee op 1 en 18.
Die Suid-Kaap Sages se volgende saamtrek is 'n IPS-kompetisie op 15 Maart op Stilbaai.
Wenners van die Stigtersbekerkompetisie: Barry Simms en Johan Blom (3de), Bennie Geldenhuys en Leon Neveling (2de), Nic Marais (voorsitter SK), André Bezuidenhout en Dirk Bosman (1ste).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'