GHOLFNUUS - Slegs een hou staan tussen Aldrich Potgieter van Mosselbaai en die Amerikaner Gordon Sargeant om as die voorste amateur speler by die Amerikaanse Ope gholftoernooi gekroon te word.
Potgieter is die enigste Suid-Afrikaner, wat vir die laaste twee rondes kon kwalifiseer op die moeilike baan van die Los Angeles Buiteklub.
Die Mosselbaaier het sy derde ronde met 74 houe, vier houe swakker as die baansyfer van 70, afgesluit teenoor Sargeant se 75.
Potgieter slaan later vandag saam met die Franse geldspeler Romain Langasque af in die vierde en laaste ronde van dié Grand Slam toernooi.
Vorige artikel: Mosselbaaier deur na derde ronde van Amerikaanse Ope
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’