OUDTSHOORN NUUS - Die SWD-vrouekrieketspan het die nuwe jaar op 'n lae noot begin toe hulle beide hul wedstryde teen die WP en Boland sleg verloor het.
In die wedstryd teen WP, wat Saterdag in Oudtshoorn plaasgevind het, is die SWD vir slegs 28 lopies, hul laagste telling ooit, uitgeboul waarna die WP die wenteiken met nog al tien paaltjies staande verbygesteek het.
In die wedstryd teen Boland het die besoekers 222/5 in hul toegelate 50 boulbeutre behaal waarna die SWD vir slegs 63 lopies uitgeboul is.
Die Boland het die wedstryd met 159 lopies gewen.
Die opgesomde telkaarte
SWD vs Westelike Provinsie:
SWD 27 (Shabrim Ismail 5/17, Yolani Fourie 4/2).
WESTELIKE PROVINSIE 28/0 (Olivia Anderson 17*, Shandré Fritz 9*).
Westelike Provinsie wen met 10 paaltjies.
SWD vs Boland:
BOLAND 222/5 (Yolandi Potgieter 65; Yolandi van der Westhuizen 54, Alison Hodgkinson 29, Simoné Marais 25*, Sunette Loubser 24, Sonet Fourie 3/33, Monique Booysen 2/29).
SWD 63 (Rebecca Grundy 15, Sunette Loubser 3/10, Moseline Daniels 3/11, Alison Hodgkinson 2/12).
Boland wen met 159 lopies.