SUID-KAAP NUUS - Die SWD-vrouekrieketspan is reg vir die groot uitdaging, wanneer hulle Boland hierdie naweek aanvat.
Dit sal hul derde wedstryd in die Krieket SA provinsiale vrouekompetisie wees. Hulle sal Saterdag 'n eendagwedstryd Eurolux Boland Park in Paarl speel. Sondag volg 'n T20-wedstryd.
SWD het beide hulle vorige twee eendagwedstryde (teen Kei en Oostelike Provinsie) gewen. Teen Kei het hulle ook die T20-wedstryd verloor, maar moes in hul T20-wedstryd teen OP die knie buig.
Die SWD-span is:
Mochelle May, Monique Booysen, Bianca Figeland, Micaela Andrews, Haroline Rhodes (kaptein), Mbali Ndukwane, Julandi Saayman, Marnezelle Rabie, Jenevieve Jantjies, Chani Damons, Johanna Davids en Ashley-Ann Meyer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'