STILBAAI NUUS - Angelo Busch van Melkhoutfontein het 'n groot eer te beurt geval toe hy aangewys is as die baanopsigter van die seisoen deur die Garden Route Badgers (SWD-krieketunie) tydens hulle jaarlikse prysuitdelingsgeleentheid by De Opstal buite Oudtshoorn.
Voorwaar 'n prestasie om hierdie toekenning weg te raap voor al die groot klubs se baanopsigters.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’